Selfoon-tegnologie vir vee

Veediefstal en aanvalle deur roofdiere is vir eeue lank al ‘n uitdaging vir boere. Beide misdaad sowel as roofdierskade is ‘n realiteit vir veeboere oor die hele spektrum, van kleinboere tot uitgebreide boerdery-ondernemings. Die finansiële implikasies van veeverlies is egter van so ‘n aard dat boere toenemend op soek is na ‘n effektiewe oplossing om hierdie probleme te bekamp.